Touch the firehose of ds106, the most recent flow of content from all of the blogs syndicated into ds106. As of right now, there have been 92469 posts brought in here going back to December 2010. If you want to be part of the flow, first learn more about ds106. Then, if you are truly ready and up to the task of creating web art, sign up and start doing it.

  1. sparkle

    Geluk Met Jou Verjaarsdag … Hier’s ‘n Vullisdrom

    by
    “Mita? Sal jy ‘n asblik vir iemand se verjaarsdag gee?”  Aaaai.  Mita hoor weer niks.  As sy nie stadiger met daai  snoeiskêr nie, gaan net bonsai se wortels oorbly. “Wie steel water?” kom dit ingedagte van die klein maer vroutjie. “Ek wil weet of jy vir iemand ‘n vullisdrom present sal gee.” Mita loer skepties […]
  2. sparkle

    ‘n Sagte Troos

    by
    “Ma’ ek het gister dan nog gebel en gesê ons kom vandag!”  Met opgehoude asem spits ek my ore terwyl die deurklokkie se laaste trieng in die lug weg fladder.  Die “deurwag” se dowwe voetstappe behoort nou enige oomblik by die gang afgestap te kom. Wanneer kom sy dan? Wanhopig draai ek aan die deurknop.  […]
  3. sparkle

    Skemerkelkie Vir Die Siel

    by
    Het jy al gemerk hoe kortstondig ‘n asemrowende sonsondergang is? Een oomblik is ons tydelike woning se dak ‘n skouspel van die allermooiste skemer skakerings en dan woeps …. is dit eensklaps weg! Sommge dae kry ek hiervan ‘n blik in my motorfiets se truspeëltjie. Ander kere is ek gelukkig genoeg dit in al sy […]
  4. sparkle

    Le Fortune Se Misfortune By Fransmanshoek

    by
    “Sauvez-nous!  Aidez-moi!” gil Jacques terwyl hy soos ‘n rot oor die skip se dek skarrel voordat hy  met swaaiende, waaiende arms oorboord tuimel.  Kook en kosmaak, dit doen hy goed. Maar swem!?  Sy potjierol lyf tref die harde seewater met ‘n groot plons.  Vir ‘n oomblik verswelg die soutwater hom voordat hy soos ‘n kurkprop […]
  5. sparkle

    Foto Storie 3 – Audrey 2

    by
    Oe aarde! Hierdie verdroogte plantjie wat ek in die Sederberge opgespoor het lyk dan so bietjie na die fliek, Little House of Horrors se bloeddorstige monsterplant, Audrey 2! Is hierdie dalk ‘n nasaat van Audrey 2?  ;) Die fliek wat sy eerste verskyning alreeds in  1960 gemaak het se storie handel oor die  bleeksiel Seymour Krelborn […]
  6. sparkle

    Foto Storie 2

    by
    Raai wat?! Ek het my eie naam gekry! Nou die dag loop ons skaaptroppie mos oudergewoonte in die bossieveld en takkies vreet toe ek ‘n tweebeen sien wie met so wye draai om ons na die windpomp  loop. Later, toe die meisiemens terugstap in ons rigting besluit ek om haar voor te keer. Net soos […]
  7. sparkle

    Foto Stories

    by
    Elke foto is mos maar ‘n storie van tyd wat vir ‘n breukdeel  vasgevang word.  Sommige roep herinneringe uit mens se geheutrommel na vore terwyl ander  eenvoudig net is lekker om na te kyk. Foto Stories gaan oor foto oomblikke wat ek langs die pad raakloop.  Lekker lees!  Foto Storie 1 “Hallo, my naam is Peanut en […]
  8. sparkle

    Bokmelk Boerboelle En ‘n Boere Oorlog: Middelpos

    by
    (So rukkie terug het ek vir Spokie belowe dat ek vir haar die kleur foto’s van Piet Oliver sal wys. Ek het intussen besluit om sommer die hele Middelpos bladsy te skuif na  bloginskrywings toe omdat ek besig is om aan ‘n nuwe DouTrapper blog uitleg te werk.) “Wat vir ‘n plek is dit die?”  […]
  9. sparkle

    Wit en Swart Gedagtes – Wat Voorlê

    by
    Niemand weet wat op hul toekomspaadjie wag nie.   Dalk is dit beter om nie daaraan te dink nie, want dit maak  mens nogals benoud!   Maar dis lekker om te droom, ne?  C.S. Lewis het gesê dat dit snaaks is hoe elke dag vir jou dieselfde voel, maar as mens terugkyk dan sien jy hoe dat […]
  10. sparkle

    Wit en Swart Gedagtes – Piet

    by
    Skielik staan hy langs my.  Piet Olivier.  Sy lagplooigesig is oop en wakker.  Met blink oë vra hy of ek ‘n foto van hom en sy  bokke sal neem. Eers wonder Piet of hy sy hoed moet afhaal, voordat hy my ernsig aankyk asof ons ID foto’s gaan neem. Ek:  “Erm … Piet?  Kan jy dalk […]
  11. sparkle

    Wit en Swart Gedagtes – Deathgrip

    by
    Mense sê dis die uitdagende oomblikke waardeur ons worstel wat ons by bly, nie die rooskleurige la-di-da teepartytjies nie. Almal wie ‘n motorfiets ry beleef daardie oomblikke. Sommige is bang om op sand te ry, ander gly in modder rond terwyl party selfs sukkel met hoogtevrees. In daardie oomblikke skakel die oorlewings knoppie in jou […]
  12. sparkle

    Wit en Swart Gedagtes – Hy

    by
    Ek kan nou nog die laatmiddag Karookoue op my vel voel tintel. Dalk het Koue ons motorfietsspore in die sand gesien en ons kamp toe gevolg. Charlie se systaander het die vorige aand afgebreek, hy moes die res van die naweek staangemaak word teenaan ‘n afgekapte boom. Al is die fiets 30 jaar oud en […]
  13. sparkle

    Wit en Swart Gedagtes – In die begin …

    by
    het ek ‘n Yamaha TW 200 gehad. Nadat ek geleer het om hierdie dikwielmotorfiets te ry het my lewe verander. Selfs om op ‘n sandpad neer te slaan was pret. Ek het avontuur ontdek soos nog nooit van tevore. Daar’s ‘n gevoel van vryheid terwyl jy oor ‘n pad sweef, jy verwonder jou aan nuwe […]

ds106 in[SPIRE]