“Mita? Sal jy ‘n asblik vir iemand se verjaarsdag gee?” Aaaai. Mita hoor weer niks. As sy nie stadiger met daai snoeiskêr nie, gaan net bonsai se wortels oorbly. “Wie steel water?” kom dit ingedagte van die klein maer vroutjie.
“Ek wil weet of jy vir iemand ‘n vullisdrom present …
“Ma’ ek het gister dan nog gebel en gesê ons kom vandag!” Met opgehoude asem spits ek my ore terwyl die deurklokkie se laaste trieng in die lug weg fladder. Die “deurwag” se dowwe voetstappe behoort nou enige oomblik by die gang afgestap te kom.
Wanneer kom sy dan?
Wanhopig …
Het jy al gemerk hoe kortstondig ‘n asemrowende sonsondergang is?
Een oomblik is ons tydelike woning se dak ‘n skouspel van die allermooiste skemer skakerings en dan woeps …. is dit eensklaps weg!
Sommge dae kry ek hiervan ‘n blik in my motorfiets se truspeëltjie. Ander kere is ek gelukkig …
“Sauvez-nous! Aidez-moi!” gil Jacques terwyl hy soos ‘n rot oor die skip se dek skarrel voordat hy met swaaiende, waaiende arms oorboord tuimel. Kook en kosmaak, dit doen hy goed. Maar swem!? Sy potjierol lyf tref die harde seewater met ‘n groot plons. Vir ‘n oomblik verswelg die soutwater hom …
Raai wat?! Ek het my eie naam gekry!
Nou die dag loop ons skaaptroppie mos oudergewoonte in die bossieveld en takkies vreet toe ek ‘n tweebeen sien wie met so wye draai om ons na die windpomp loop. Later, toe die meisiemens terugstap in ons rigting besluit ek om haar …
Elke foto is mos maar ‘n storie van tyd wat vir ‘n breukdeel vasgevang word. Sommige roep herinneringe uit mens se geheutrommel na vore terwyl ander eenvoudig net is lekker om na te kyk. Foto Stories gaan oor foto oomblikke wat ek langs die pad raakloop. Lekker lees!
Foto Storie …
(So rukkie terug het ek vir Spokie belowe dat ek vir haar die kleur foto’s van Piet Oliver sal wys. Ek het intussen besluit om sommer die hele Middelpos bladsy te skuif na bloginskrywings toe omdat ek besig is om aan ‘n nuwe DouTrapper blog uitleg te werk.)
“Wat vir …
Niemand weet wat op hul toekomspaadjie wag nie. Dalk is dit beter om nie daaraan te dink nie, want dit maak mens nogals benoud! Maar dis lekker om te droom, ne? C.S. Lewis het gesê dat dit snaaks is hoe elke dag vir jou dieselfde voel, maar as mens terugkyk …
Skielik staan hy langs my. Piet Olivier. Sy lagplooigesig is oop en wakker. Met blink oë vra hy of ek ‘n foto van hom en sy bokke sal neem. Eers wonder Piet of hy sy hoed moet afhaal, voordat hy my ernsig aankyk asof ons ID foto’s gaan neem.
Ek: …
Mense sê dis die uitdagende oomblikke waardeur ons worstel wat ons by bly, nie die rooskleurige la-di-da teepartytjies nie.
Almal wie ‘n motorfiets ry beleef daardie oomblikke. Sommige is bang om op sand te ry, ander gly in modder rond terwyl party selfs sukkel met hoogtevrees. In daardie oomblikke skakel …
Ek kan nou nog die laatmiddag Karookoue op my vel voel tintel. Dalk het Koue ons motorfietsspore in die sand gesien en ons kamp toe gevolg. Charlie se systaander het die vorige aand afgebreek, hy moes die res van die naweek staangemaak word teenaan ‘n afgekapte boom. Al is die …
het ek ‘n Yamaha TW 200 gehad. Nadat ek geleer het om hierdie dikwielmotorfiets te ry het my lewe verander. Selfs om op ‘n sandpad neer te slaan was pret. Ek het avontuur ontdek soos nog nooit van tevore. Daar’s ‘n gevoel van vryheid terwyl jy oor ‘n pad sweef, …